Nesher Privaatskool © Kopiereg 2015 - Responsive Website Design & SEO by Ashworthweb
Welkom by Nesher
Akademie
Akademie: Elke individu is vir ons belangrik, maak nie saak
wat sy vermoëns is nie. Ons glo dat elke mens deur sy
Skepper gemaak is met ‘n spesifieke doel. (Christelike
privaatskool).
Sukses is om God se doel met jou lewe te ken en uit te
voer. Elke mens moet die geleentheid hê om sy potensiaal
te bereik. Ons bied Gr RRR – Gr 7 hoofstroom. Klasse het
‘n maksimum van 12 leerlinge elk wat individuele aandag
verseker.
NEURO-LINK GELISENSIEERD
Nesher Privaatskool is Neuro-link gelisensieerd. Ons
bepaal leerlinge se unieke brein–en-leervermoeëns. Hul
leer dan hoe om optimaal te presteer. Leer–en
ontwikkelingsprobleme word dan voorkom en of uit die
weg geruim. Ouers word ook ondersteuningsvaardighede
geleer.
Die Lsen-klas is gereistreer in 2019 Ons begin met Engels-
medium klasse vir Gr R, Gr1 en Gr4 in 2021
Nesher Visie
Nesher Privaatskool… die plek waar
mense ARENDSVLERKE kry: Die visie van
hierdie skool is om kinders en elke ander
persoon betrokke by hierdie bediening,
op te rig as doeners, nie net praters van
God se Woord nie. (Kol.1:16,17
en 2:3)
NESHER
CHRISTUSGESENTREERDE
AKADEMIE
….die plek waar mense ARENDSVLERKE kry….
SPORT
Ons is geaffilieer by
SACSSA, wat ons kinders
geleenthede gee om aan
meeste sportsoorte tot op
nasionale vlak deel te
neem.
MIDDAGSORG
Maandag tot Vrydag tot 17h00 onder hulpvaardige
onderwysers se toesig. Dit sluit ekstra hulp met
wiskunde, lees en remediêring in.
Nesher is ongeveer 6 km uit die dorp uit in Eloff. Ons
is ‘n regte plaasskool met lieflike ruimte om ons.